
=====================================================================
Veeltaligheid in nuwe Suid-Afrika (AV 7:4)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Veeltaligheid in nuwe Suid-Afrika

Neville Alexander beklemtoon die noodsaak dat die land se beleid van veeltaligheid verwesenlik moet word.

Volgens die Grondwet is die Regering verplig om veeltaligheid te bevorder en om toe te sien dat al die amptelike tale op 'n billike manier 
behandel word. Hierdie artikels is die resultaat van 'n langdurige en moeilike onderhandelingsproses tussen die politieke leiers van swart 
en wit nasionalisme. Dit wil s die verwerkliking van hierdie en ander artikels van die Grondwet is deel van die groter visie van 'n 
verenigde demokratiese en multikulturele bedeling.

As ons kyk na wat in die werklikheid gebeur, moet ons sonder meer toegee dat in hierdie verband nie eers lippediens van owerheidswe kom 
nie. Met weinig uitsonderings word in die staatsdiens sistematies op 'n treurspel afgestuur omdat doelbewus 'n beleid van Engelse 
eentaligheid toegepas word. Hierdie houding en hierdie praktyke is nie net ongrondwetlik nie, hulle is politiek dwaas en weerspiel 'n 
gebrek aan historiese bewustheid en aan politieke visie.

Ek wil dit baie duidelik stel: as ons nie die inheemse Afrikatale as ho-statustale gaan ontwikkel en gebruik nie, dan kan ons die 
demokrasie vaarwel toewuif. Eers wanneer die politieke en kulturele leierskap van Suid-Afrika hierdie eenvoudige maar fundamentele 
proposisie verstaan, gaan ons vordering op die gebied van die bevordering en billike behandeling van al die amptelike en ander belangrike 
tale van Suid-Afrika kry.

Wat is die stand van sake op die oomblik? Ons mense is veeltalig en oral gons dit in al die tale van die land. Maar as jy by 'n poskantoor 
of by 'n polisiekantoor instap, word sonder meer aanvaar dat jy Engels magtig is. En hoewel di aanname in baie gevalle geldig is, word jy 
op hierdie manier as 'n vreemdeling of buitelander behandel. Daar word 'n soort demografiese politieke spel gespeel deurdat mense wat die 
taal van die meerderheid in 'n bepaalde stad of ander oord nie magtig is nie, aangestel word en desnoods Engels praat. Om hierdie situasie 
te vermy, verg noukeurige taalbeplanning, maar dan moet die politieke wil bestaan om die landsbeleid van veeltaligheid te verwerklik.

Dit is duidelik dat in die meeste staatsdepartemente f doelbewus Engels uitsluitlik as amptelike taal gebruik word, f dat op ligsinnige 
wyse hierdie beleid toegepas word. Dat dit op die ou end vir ons land noodlottige gevolge kan h, besef die betrokke staatsamptenare 
onskynlik nie. Die traagheid van staatsdepartemente om die voorgestelde taalwetgewing ernstig op te neem en op die konsepwetgewing te 
reageer, vertraag die hele proses. En selfs al sou hulle positief reageer, moet ons aanvaar dat hulle heel waarskynlik die uitgediende 
argument van die sogenaamde gebrek aan hulpbronne sal aanvoer om te verduidelik waarom hierdie "wenslike en edele" beleid nie in hierdie 
stadium in die land se geskiedenis uitgevoer kan word nie. Weer eens sal die artikels van die Grondwet as ornamente, waarmee ons in die 
buitewreld kan spog, behandel word.

Selfs in universitre en ander kringe waar 'n mens baie meer begrip vir die maatskaplike en sielkundig-kulturele belangrikheid van ons 
beleid van veeltaligheid sou verwag, vat die wanopvatting pos dat dit nie die funksie van die universiteit is om tale te ontwikkel of te 
bevorder of selfs ook maar net te handhaaf nie.

As die elite op hierdie manier tou opgooi, dan is middelmatigheid en ewige materile en geestelike armoede ons voorland. Ons mag dit nie 
laat gebeur nie!

Wat staan ons te doen?

* Druk moet op die Regering uitgeoefen word om die letter en die gees van die Grondwet te gehoorsaam.
* Daar moet nie op die Regering staatgemaak word nie. Dit is uiters belangrik dat die burgerlike samelewing die inisiatief neem en toesien 
dat die tale van ons land op alle gebiede gebruik word.
* Op elke moontlike manier moet daarop aangedring word dat ons in ons voorkeurtaal deur die staat bedien word.
* Ons moet by Pansat aanklop en vir di instansie meer mag en ondersteuning mobiliseer.
* Veral die media moet gebruik word om aan ons ontevredenheid uitdrukking te gee. Ook die private sektor moet versoek word om sy bydrae tot 
die verwerkliking van die beleid van veeltaligheid te lewer.

Daar is geen rede op aarde waarom byvoorbeeld die inligting op verpakking, veral wat goedere vir die kleinspan betref, nie in twee of selfs 
drie tale gedruk kan word nie. Op hierdie manier sou onder meer 'n leeskultuur en ook taaltrots by die volgende geslag aangewakker en 
gekweek word. Leerkragte sou leermiddele vir die bevordering van geletterdheid bekom wat direk met die kind se huislike doen en late 
skakel.

Ons hoef nog nie moedeloos te wees nie. Ek meen dat die Regering binnekort die erns van die taalkwessie sal verstaan en dat die hulpbronne 
om die beleid van veeltaligheid uit te voer dan skielik gevind sal word. Om historiese en ekonomiese redes is Suid-Afrika een van die lande 
van ons kontinent waar so 'n beleid inderdaad verwerklik kn word. Dr. Neville Alexander, 'n voorste sosiolinguis, is die direkteur van die 
Projek vir die Studie van Alternatiewe Onderwys in SA aan die Universiteit van Kaapstad.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av7412.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999, 2000       Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Finaal 2000 /// Nuwe SBA maak deure oop met Afrikaans /// Gedig met 
skets van Nick Mallet /// Bertie du Plessis s /// Nuwe Direktoraat: Buitelandse Betrekkinge /// Afrikaans-Ekspo groei steeds /// Welslae 
met slypskole /// Wat onthou word, l n aan die hart /// Vertel hulle van die rykdom in Afrikaans /// Ons lesers skryf: Voorstelle vir 
'realiste' /// Ons lesers skryf: Leer van Vlaandere /// Buro van woorde staan sterk /// Nederlandssprekers leer Afrikaans /// Veeltaligheid 
in nuwe Suid-Afrika /// Taal, kleur en eiewaarde /// Burgeroorlog in Afrikaanse geledere /// Vir fliekvlooie, boekwurms, jappies en ... /// 
Punt in die wind /// Eie woord en klank voer mee /// Handleiding oor grammatika en uitspraak /// Europa eis kennis van tale /// Die 
tinktinkie en die renboog /// Taalwerkers saam onder Afrikaanse kombers /// Tieners wil nie lees nie! Wie is skuldig? /// Oupa se woorde 
is kompas in nood /// Trots van die SvA  geletterdheidswerk /// Luister na stem van ware identiteit /// 'Ons gee Afrikaans 'n nuwe 
baadjie' /// 'Donderse Engelsman' is prestigepryswenner /// Taalspeletjies gee vonk aan Afrikaanse lesse /// Plaasskole word 'n avontuur 
/// Afrikaans Vandag sit hand by /// In Amerika klop harte warm vir Afrikaans /// Die kode is P /// Een van talle suksesvolle literre 
skryfskole /// Engels ongeskik vir Afrika renaissance /// Ons lesers skryf: Gebruik Engels om Afrikaans te prys /// Kongres toon literatuur 
is poort tot kennis /// Moedertoorn /// Laat feeste voorhuisdeure wyer oopmaak /// Skep eenvormigheid met flair /// Vista-studente se 
Afrikaansfees maak geskiedenis /// Daar's lewe by die Afrikaanse Skrywersvereniging /// 'Kyk met haikoe-o' /// Daar is 'n tyd vir gaan... 
/// Ontmoet Afrikat /// Vakansiebestemming: Valsbaai /// Grootkop rol

